July 30

Skadustemme deur Joanne Macgregor

SkadustemmeSkadustemme deur Joanne Macgregor
Gepubliseer in 2015
Uitgewer: Protea Boekhuis
Genre: Sielkundige Riller
Bladsye: 299
Bron: Resensie-kopie van die outeur
Oorspronklike taal: Engels
Vertaal deur Elsa Silke
Samevatting:

Tussen die narkose en die wakkerword is daar die skadustemme.

“Sy is stil, ontspanne, gereed. Haar asemhaling is stadig en reëlmatig, haar blik effens ongefokus. Hy voel hoe sy eie asemhaling versnel, hoe ‘n warm gloed in hom opstyg, soos ‘n vlam van verrukking. Daar is nog net genoeg tyd om ‘n bemoedigende boodskap in haar oor te fluister voor die donker haar geheel en al in sy skeppende hande oorgee. Hy buk en praat in har oor: ‘Ontspan. Ek gaan iets baie spesiaals vir jou doen. En wanneer jy wakker word, gaan jy absoluut perfek wees.’ “

Wanneer een van sielkundige Megan Wright se pasiënte aan haar beskryf hoe sy deur ‘n ginekoloog emosioneel geteister en seksueel geskend is, besluit sy om ondersoek in te stel. Vasberade om die waarheid uit te vind en die mishandeling stop te sit, maar ook tot stilswye gedwing deur haar vertroulikheidseed, moet Megan die skadukant van ‘n gevaarlike, versteurde man ontbloot. 

Divider

Continue reading