October 28

Skrapnel deur Irma Venter

***Waarskuwing: As jy nie die einde van Skoenlapper gelees het nie lees verder op jou eie risiko. ***

Skrapnel

Skrapnel is Irma Venter se tweede roman wat net mooi op tel waar Skoenlapper af geëindig het. Alhoewel ek gehoop het Ranna en Alex kom bymekaar uit het dit nou nie so uitgewerk nie. Ranna het weggehardloop en sit in Indië. Ek kan haar nie blameer nie, sy word tog gesien as ‘n reeksmoordenaar – hoe kan hulle dan ‘n toekoms saam hê? Ten spyte van dit haal die verlede haar in en Alex word in die middel vasgevang. Ons gunstelling rekenaar geek, Sarah Fourie, is op Ranna se spoor aangesien sy die enigste een is wat kan help om Alex terug te kry. Sonder om te veel weg te gee sal ek net sê die soektog na Alex is vol interessante draaie wat elke keer iets van Ranna se verlede ontbloot. Continue reading

September 16

Boekklub: Skoenlapper deur Irma Venter

Skoenlapper_reviewSkoenlapper deur Irma Venter
Gepubliseer in 2012
Uitgewer: Human & Rousseau
Genre: Raaisel/Spanning
Bladsye: 328
Bron: Self aangekoop by Exclusive Books
Samevatting:

Alex het ‘n teorie oor chaos. Waar hy ook al gaan, volg dit hom, en dit kom al van lank voor sy joernalisdae af. By ‘n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, ‘n vryskutfotograaf met ‘n bos swart krulhare en ‘n verlede waaroor sy nie praat nie. En soos gewoonlik haal die chaos vir Alex in. Eers begin dit reën sonder ophou, en dan spoel die lyk van ‘n Amerikaanse IT-biljoenêr op ‘n strand uit. Skielik blyk dit Ranna het rede om haar verlede weg te steek. Waarom anders stel die polisie in haar belang?

Continue reading