October 28

Skrapnel deur Irma Venter

***Waarskuwing: As jy nie die einde van Skoenlapper gelees het nie lees verder op jou eie risiko. ***

Skrapnel

Skrapnel is Irma Venter se tweede roman wat net mooi op tel waar Skoenlapper af geëindig het. Alhoewel ek gehoop het Ranna en Alex kom bymekaar uit het dit nou nie so uitgewerk nie. Ranna het weggehardloop en sit in Indië. Ek kan haar nie blameer nie, sy word tog gesien as ‘n reeksmoordenaar – hoe kan hulle dan ‘n toekoms saam hê? Ten spyte van dit haal die verlede haar in en Alex word in die middel vasgevang. Ons gunstelling rekenaar geek, Sarah Fourie, is op Ranna se spoor aangesien sy die enigste een is wat kan help om Alex terug te kry. Sonder om te veel weg te gee sal ek net sê die soektog na Alex is vol interessante draaie wat elke keer iets van Ranna se verlede ontbloot.

Skrapnel_Q1Skrapnel is die roman waarvoor almal gewag het (of dalk net ek), die een waar ons meer uitvind oor Ranna se donker verlede en die misterieuse Sarah. Die plot word vertel uit die oogpunt van Alex, Ranna en Sarah en stel ons ook voor aan nuwe bykarakters: Adriana (Sarah se interessante en net so misterieuse tante – sy laat my bietjie aan Ranna dink) en Jaap Reyneke (‘n oud-polisieman uit Ranna se verlede).

Die keer los Ranna nie ‘n string lyke agter nie maar, wees gewaarsku, sy ontrafel ‘n string gehSkrapnel_Q2eime. Haar soektog na Alex (met behulp van Sarah), krap ou wonde oop en sy leer baie meer oor die aand van haar pa se dood. Die plot was een wat my om elke draai verras het. Ek geniet ‘n goeie storie en een wat my kan verras is nog beter! Wie sou dink daar is so baie geheime in een familie?!

Dis moeilik om meer te sê sonder om enige iets weg te gee. Skrapnel is briljant geskryf en spannend. Jy sal beslis nie teleurgesteld wees nie!

Voorspoedige Jagtog!


Tags: , ,

Copyright © 2015. All rights reserved.

Posted October 28, 2015 by Natasha B in category "Afrikaans", "Irma Venter", "Mystery Book Club", "South African Authors

1 COMMENTS :

  1. Pingback: Sondebok deur Irma Venter - The Mystery Corner

What are your thoughts?