December 15

Sondebok deur Irma Venter

Sondebok

Dit lyk asof Irma Venter nou jaarliks ‘n nuwe roman uitbring. Sondebok, haar derde roman, is net laas jaar vrygestel. Sondebok is die volgende Alex en Ranna avontuur. Na die gebeure van Skrapnel sien ons meer van die liefdespaar en hoe die gebeure van die vorige boeke hul verhouding affekteer.

In Skrapnel doen Adriana de Klerk (Sarah se misterieuse tante) ‘n groot guns vir Ranna Abramson. In Sondebok is Adriana reg om te kollekteer op daardie skuld. ‘n Vrou wat skuil by Adriana word aangeval en kort voor lank is daar ‘n lyk in ‘n industriële vrieskas van Crows (Adriana de Klerk se restaurant). Sondebok_Q1Ranna word gevra om ondersoek in te stel en uit te vind wie die man in die vrieskas is. Teen sy wense help Alex met die ondersoek en Sarah word natuurlik ook betrek. Hul ondersoek lei na ‘n vermiste matriek meisie. Hoe hou dit verband met die vrou wat by Adriana skuil en die man in die vrieskas? Gedink ek sal jou sê? Nee wat, jy sal maar Sondebok moet op tel en self uitvind.

Sondebok fokus die keer meer op Sarah se familie en ons leer ook meer van Adriana. Byvoorbeeld dat sy deel was van ‘n sirkus. Kan dit dalk wees waar sy mes gooi gedoen het? Ek het aanvanklik gedog sy was een of ander groot onderwêreldse kriminelesindikaat leier of iets (sy is net so misterieus soos Ranna en ek is regtig nuuskierig om meer oor haar uit te vind). Die roman kyk ook na Ranna en Alex se verhouding en hoe die verlede hulle beïnvloed. Ons maak ook kennis met Kaptein AJ Williams wat opdrag kry om Ranna se spoor te volg. Die bring ‘n ekstra spanningselement tot Sondebok.

Sondebok_Q2Skoenlapper speel hoofsaaklik in die buiteland af. Skrapnel het net gedeeltelik in Suid-Afrika afgespeel, maar Sondebok se gebeure speel uitsluitlik in Gauteng af. Dis lekker om vir ‘n verandering te weet waar als is, selfs al is van die restaurante en kuierplekke fiktief. Ten minste hoef ek nie al die plekke op Google Maps te gaan soek nie. :)

Venter kry dit weereens reg om ‘n komplekse plot te handhaaf. Sondebok kan gelees word sonder die agtergrond van Skoenlapper en Skrapnel, maar tog sal ek voorstel om wel die twee op jou “Moet-Lees” hopie te sit. Venter is tans een van my gunstelling Afrikaanse skrywers en ek kan nie wag om haar nuutste roman, Skarlaken, te begin lees nie.

 


Tags: , ,

Copyright © 2015. All rights reserved.

Posted December 15, 2015 by Natasha B in category "Afrikaans", "Irma Venter", "Mystery Book Club", "South African Authors

What are your thoughts?